Local news

Heigel Fotoklub wenners spog met indrukwekkende foto’s

Die beoordelaars het deur ongeveer 60 foto's gewerk om die wenners aan te wys.

Die lede van die Heigel Fotoklub het op 14 Mei bymekaargekom vir die maandelikse vergadering van die klub.

Daar is dié maand ongeveer 60 foto’s ingestuur, waardeur die beoordelaars moes werk om die beste foto’s aan te wys.

Die voorgeskrewe tema vir die maand was Berge en Dale.

Daar is ook verskeie ander kategorieë waarvoor die fotograwe hul foto’s kon inskryf, wat onder andere swart-en-wit, portret, argitektuur, natuur, voëls, ope, sport en joernalistiek ingesluit het.

Die beste voorkeskrewe foto, Teen die grens is deur Riekie Bornman geneem.

Die wenners is:

Voorgeskrewe foto wenner: Berge en Dale met Teen die grens van begrip deur Riekie Bornman.

Beste algemene foto: Net die regte grootte deur Carin du Bois.

Beste junior foto: Fungi in die bos deur Anke de Villiers.

Die voorgeskrewe tema vir Junie is troeteldiere.

Die fotoklub beplan om op 16 Junie ‘n fotojag te hou by Marievale, wat verskeie temas gaan insluit. Die

geleentheid sal met ‘n Om meer inligting oor die klub te bekom, kontak vir Dawie de Villiers by 084 600 5765.

Die volgende vergadering is op 11 Junie.

Die beste algemene foto, Net die regte grootte is deur Carin du Bois vasgevang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button