Local news

Volkie swemmer maak golwe in Gqeberha

’n Jong swemmer van Hoër Volkskool het Gqeberha laat regop sit toe hy vyf goue medaljes losgeswem het en as Junior Victor Ludorum gekroon is.

Hoër Volkskool leerder en swemmer, FC Rosslee (Graad Nege), het onlangs aan die SA Lewensredding Nasionale Kampioenskappe in Gqeberha deelgeneem.

In die see- en strand-items het Rosslee twee vyfde plekke behaal, in onderskeidelik die langafstandswem en die hardloop-swem-hardloop item.

Rosslee was ook die enigste binnelandse atleet wat daarin geslaag het om in die top vyf te eindig.

FC Rosslee in aksie in die swembad.

Hy het verder ook die geleentheid gehad om in die swembad-items te kompeteer.

Hier het FC aan vyf items deelgeneem: 100m hindernis, 100m manikin-dra, 100m upper nipper, 100m redding en 50m manikin-dra.

Hy het in al vyf sy swembad-items goud verower en is vir die derde agtereenvolgende jaar as Junior Victor Ludorum aangewys.

FC Rosslee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button