Local news

Volkie hokkie spanne behaal goeie uitslae

Die hokkie spanne van die skool is besig om 'n goeie seisoen te beleef.

Die hokkiespanne van Hoërskool Volkskool woeker op die veld en het die afgelope tyd aan verskeie wedstryde deelgeneem.

Op 19 Mei het die seuns eerste span teen Veritas College te staan gekom waar Volskool met 1-0 gewen het.

Op 21 Mei was Woodlands College op hulle kerfstok met ‘n wen van 3-1

Op 22 Mei het beide die seuns eerste span en o16 teen Edenvale gespeel.

Die eerste span het met 3-0 gewen en die o16 span met 12-1.

Op 24 Mei was dit die dogters se beurt op die hokkieveld teen Alberton.

Jon-Benet Bauer is gekies vir die Suid-Gauteng Aksie Hokkiespan.

Die uitslae was:

Eerste span: Volkskool 0 – Alberton 0.

Tweede span: Volkskool 2 – Alberton 2.

o16A: Volkskool: 3 – Alberton 0.

o15A: Volkskool 2 – Alberton 0.

o14: Volkskool 8 – Alberton 0.

Jon-Benet Bauer is ook gekies om die Suid-Gauteng Aksie Hokkiespan te verteenwoordig, wat aan die inter provinsiale toernooi gaan deelneem.

Dié toernooi is vanaf 27 tot 30 Augustus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button