Local news

Simfoniese betowering ten bate van waterprojek om bejaardes te help

Die 304 huidige inwoners by Suikerbos Aftreeoord is nie in staat om self water aan te dra vir hul daaglikse behoeftes nie en die enigste manier om te verseker dat hierdie inwoners nie water tekorte hoef te verduur nie, is om ‘n boorgat te installeer.

Die saal van Hoër Volkskool Heidelberg was 24 Mei stampvol met besoekers wat in afwagting was vir die eerste note van Simfonia Juventi.

Simfonia Juventi is ‘n orkes wat tans 91 lede het wat van verskeie skole regoor Suid-Afrika kom.

Kriteria vir toelating tot die orkes berus op musikale vermoë en op die vlak van vaardigheid met die spesifieke instrument. Die lede van die orkes word deur middel van oudisies gekies, en volgens dirigent Eddie Clayton word slegs die bestes van die bestes gekies.

Die eerste note van die orkes het deur die saal gesny en ‘n golf van klank met ryk, diep emosie het die ruimte gevul.

Met elke beweging van die dirigent se hand het harmonie en ritme saamgesmelt, en die musiek het ‘n tapisserie van gevoelens van opwinding tot nostalgie, van vreugde tot diep introspeksie geweef.

Celeste en Frans de Wet het al die pad van Pretoria af gery om na die optrede te kom kyk. Hul deel ‘n groot liefde vir Simfonia Juventi en het vertel dat hul gereeld na hul opvoerings gaan kyk.

Die vibrasie van strykers, die glans van koperblasers, die sagte fluister van houtblaasinstrumente het saam ‘n magiese toneel gevorm.

Die Simfonia Juventi-opvoering was ten bate van die Suikerbos Aftree Oord se waterprojek en is aangebied deur die Gereformeerde Kerk Heidelberg.

Charl du Plessis, wat deel was van die organiseringspan, het besoekers verwelkom en gepraat oor die waterkrisis in die dorp wat veral die Suikerbos Aftree Oord affekteer.

Reuben van Niewenhuizen was een van die sololiste. Rueben het sy uitmuntende talent gewys toe hy die strykstok moeiteloos oor die vioolsnare stuur om van delikate fluisterende note tot dramatiese, passievolle crescendo’s te skep.

“Waterprobleme in Heidelberg het vir die meeste inwoners vir dae of selfs weke ongerief veroorsaak.

“Die 304 huidige inwoners by Suikerbos Aftree Oord is nie in staat om self water aan te dra vir hul daaglikse behoeftes nie en die enigste manier om te verseker dat hierdie inwoners nie watertekorte hoef te verduur nie, is om ‘n boorgat te installeer,” het du Plessis gesê.

Hy het elkeen wat bygedra het en in die koue uitgekom het om die projek te ondersteun van harte bedank.
Ds Werner Brotherton het die verrigtinge amptelik geopen op gepaste wyse deur uit die Bybel te lees.

Brotherton het genoem dat die kerk sedert 2017 die Simfonia Juventi na Heidelberg gebring het en het ook die gemeenskap bedank vir hul teenwoordigheid en ondersteuning.

Willem Sprong het na die opening namens Afriforum Heidelberg ook ‘n bydrae gemaak aan die waterprojek.
Die oomblik net voor die eerste noot was ‘n stille, magiese afwagting, ‘n kort sekonde waarin alles in harmonie gerus het, net voor die saal met klank gevul was.

Anke Kritzinger en Nicola Swart het ook hul talent ten toon gestel met die klanke uit die hobo’s. Anke was ook een van die soliste wat met gemak en selfvertroue op die houtblaasinstrument melodieë gespeel het wat die toeskouers in in verwondering laat.

Die orkeslede het elkeen hul deel gedoen om melodieë uit Die Fledermaus van komponis Johann Strauss tot Peter Tchaikovsky se 1812 Overture te skep.

Een van die soliste was Reuben van Niewenhuizen, ‘n Graad 12 leerder van Pretoria Boys High.
Van die eerste sweep van die strykstok oor die snare was dit duidelik dat hierdie jong violis buitengewoon talentvol is.

Reuben het ‘n meesterlike mengsel van tegniese presisie en diep emosie bewys, ‘n kuns wat hy al verfyn sedert hy op vyfjarige ouderdom sy eerste vioolles geneem het.

Dirigent Eddie Clayton wat meer as drie dekades se ondervinding in die bedryf het en vir die afgelope agt jaar by Simfonia Juventi betrokke is.

Die program is afgesluit met Peter Tchaikovsky se 1812 Overture en na ‘n staande applous en toegif is Simfonia Juventi teruggeroep.

Die oorverdowende applous wat die saal gevul het, was ‘n erkenning van die kuns en passie wat pas ontvou het.
Besoekers was nie net in verwondering oor die talent van elke orkeslid nie, maar het ook hul bydrae gemaak vir ‘n projek wat die bejaardes in die dorp tot voordeel strek.

Vir meer besonderhede oor die waterprojek, kontak vir Dirkie Grobler by 082 641 9184, Albert Grobler by 083 400 1221 of Hanno Lemmer by 084 493 6242.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button