Local news

Nigel-vrou bekroon selfvertroue deur deelname aan Miss Curvylicious SA

Met 'n passie vir selfliefde en gemeenskapsbemagtiging, dra Shané haar tuisdorp se naam met trots.

‘n Jare lange inwoner van Nigel, wat nou in Pretoria woonagtig is, maar nog steeds gereeld haar tuisdorp besoek, is ‘n finalis in die Miss Curvylicious SA-kompetisie.

Die Heraut het meer oor haar te wete gekom.

Shané de Bruyn (24) het haar skoolloopbaan in die Weskaap voltooi voordat sy terug getrek het na Nigel.

Sy is ‘n gekwalifiseerde skoonheidsterapeut en bestuur ook ‘n troeteldier oppassingsdiens.

Shané De Bruyn is reg vir gemeenskapsbetrokkenheid.

• Vertel meer van die Curvylicious SA-kompetisie

Miss Curvylicious SA is ‘n inspirerende platform wat vroue met kurwes bemagtig om hul unieke skoonheid en stem te vier. Dit gaan oor meer as net uiterlike voorkoms; dit gaan oor selfvertroue, gemeenskapsbetrokkenheid en om ander vroue aan te moedig om hulself te omhels.

• Wat het jou laat besluit om vir die kompetisie in te skryf?

Ek het besluit om in te skryf omdat ek passievol is oor selfliefde en liggaamspositiwiteit. Ek wil wys dat ware skoonheid in selfvertroue en karakter lê.

Hierdie kompetisie gee my die geleentheid om ander vroue te inspireer om hul ware self met trots te wees.

• Watter visie en boodskap sal jy graag aan die gemeenskap oordra?

My visie is om ‘n positiewe verskil te maak in ons gemeenskap deur selfliefde, aanvaarding en bemagtiging te bevorder. Ek wil hê elke vrou moet weet sy is genoeg; net soos sy is. Ek glo daarin om ander op te lig en ‘n platform te wees vir groei, ondersteuning en selfvertroue.

• Wat is jou toekomsplanne na die kompetisie?

Ek beplan om voort te gaan met gemeenskapsprojekte en meer vroue te bereik deur my werk, beide in die skoonheidsbedryf en deur bemagtigingsinisiatiewe.

Die bekroning van die kompetisie sal op 1 November in Pretoria plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button