Laerskool Tini Vorster leerders behaal top prestasie met skaak en karate
Laerskool Tini Vorster leerders kwalifiseer vir Gauteng- en wêreldkampioenskappe Leerders van Laerskool Tini Vorster het puik presteer en onderskeidelik in skaak en karate gekwalifiseer vir Gauteng- en wêreldkampioenskappe.
Leerders van Laerskool Tini Vorster het puik presteer en onderskeidelik in skaak en karate gekwalifiseer vir Gauteng en wêreld kampioenskappe.
Diandri Pretorius het ‘n tweede plek in kumite en derde plek in kata, groen-blou belt afdeling behaal.

Sy is deur SARMAF (South African Ryukyu Martial Arts Federation) gekies om verder deel te gaan neem by die ‘International Committee Organisation’ se wêreld karate kampioenskappe op 25 Oktober.
Vossies is trots op Diandri en glo sy gaan nog baie hoogtepunte bereik.
Twee skaakspelers het hul vernuf gewys deur die regte skuiwe te maak.
Lana Smith en Enika Olivier het deurgedring na die Gauteng individuele kampioenskappe.

Die twee skaakspelers het nie net groot toewyding en deursettingsvermoë getoon nie, maar ook waardering en passie vir die spel.



