Local news

Nigel -leerder skitter binnekort op Centurion Teater se verhoog

Zelincha Grobler berei tans hard voor vir haar optrede op die Centurion Teater se verhoog in Augustus.

Zelincha Grobler, ’n Graad Vyf leerder van Laerskool Hannes Visagie en drama-student van CJ Cillie, is op pad van ’n plaasdorp na die groot verhoog.

Sy sal in Augustus op die planke wees as deel van die Afrikaanse musiekblyspel Alice in Wonderland by die Centurion Teater. Zelincha het in Maart aan oudisies deelgeneem en is ná ’n tweede ronde gekies vir twee rolle in die produksie.

Sedertdien oefen sy elke Maandagaand in Centurion en werk hard aan haar voorbereiding.

Die produksie sal van 14 tot 16 Augustus by die Centurion Teater aangebied word. Alice in Wonderland is ’n tydlose verhaal wat in hierdie nuwe weergawe met humor, hart en asemrowende visuele elemente vertel word.

Die musiekblyspel is deel van ’n opwindende inisiatief deur Scenario Productions, in samewerking met die Centurion Teater, om twee professionele jong teatergeselskappe te stig: Scenario Junior (vir laerskoolsterre) en Scenario Youth (vir hoërskoolsterre).

Hierdie geselskappe bied talentvolle jong kunstenaars die unieke geleentheid om aan wêreldklas-produksies deel te neem, en gee hulle waardevolle blootstelling aan die professionele teaterbedryf terwyl hulle hul vaardighede ontwikkel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button