Plaaslike kunstenaar palm drie Afri-Indie-toekennings in
Teaser: Kea tree gereeld op by feeste, konserte en motorfietsbyeenkomste.
Heidelberg-kunstenaar Judith Kea maak tans groot golwe in die musiekbedryf.
Tydens die onlangse Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings is Judith vir drie kategorieë benoem: beste gospel-enkelsnit – Dans jy en die Engele; beste volwasse kontemporêre enkelsnit – Dans jy en die Engele; beste lewendige opvoering (vroulik).
Judith is geen nuweling by die Afri-Indie-toekennings nie. In 2021 het sy gewen vir beste Afrikaanse vroulike solo-album met Dink Twee Keer, en in 2022 het sy twee toekennings ontvang vir beste pop-rock duo, saam met Ysterperd Tert.
Kea tree gereeld op by feeste, konserte en motorfietsbyeenkomste.
“Ek fokus tans sterk op my sololoopbaan, maar Ysterperd Tert is steeds aktief en bring ook nuwe musiek uit. Later vanjaar word nog enkelsnitte bekendgestel, en ek sien baie daarna uit.
Ek voel geëerd om benoem te wees. Dit is ’n riem onder die hart om te weet mense waardeer my musiek en ondersteun my,” het Judith gesê.



