Local newsSchools

Hannes Visagie leerders blink uit in rugby, netbal en hokkie

Met toewyding, spanwerk en ‘n passie vir sport het hierdie leerders hul skool se naam hoog gehou.

Laerskool Hannes Visagie het onlangs groot rede tot trots gehad toe verskeie van hul leerders verkies is tot gesogte sportspanne.

Hierdie jong sporthelde het hul plek verwerf in die Rhino Rugby-span, die Oos-Transvaal Rugby Bokkieweek, Oos Transvaal Netbal Bokkieweek en die Oos-Gauteng hokkiespan.

Zante Pretorius wat gekies is vir die o13A-hokkiepsan wat Oos Gauteng gaan teenwoordig by die nasionale spele.

Met toewyding, spanwerk en ‘n passie vir sport het hierdie leerders hul skool se naam hoog gehou.

Die Rhino Rugby verteenwoordigers sal hul staal wys tussen van die beste jong spelers in die streek tydens die toernooi wat vanaf 16 tot 19 Julie by die Isak Steyl Stadium in Vanderbijlpark sal plaasvind.

Vicky Badenhorst, Annely van den Heever en René Vogel is gekies vir die Oos Transvaal Netbal Bokkieweek

Die Bokkieweek spelers sal hul vaardighede ten toon moet stel tydens die toernooi wat vanaf 7 tot 11 Julie by Hoërskool Hans Strydom in Naboomspruit sal afspeel.

Zante Pretorius wat gekies is vir die o13 hokkiespan wat Oos-Gauteng gaan verteenwoordig sal ook haar vernuf op die veld moet wys tydens die nasionale spele wat vanaf 28 Junie tot 2 Julie sal plaasvind.

Zinzan Viviers o13, Lubbe Louw o13 en Zayne Koekemoer o12 is gekies vir die Rhino-rugby – wildehonde span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button