Local news

Heigel Fotoklub bring Heidelberg en Nigel se talentvolle fotograwe byeen

Die klub se volgende vergadering vind op 9 Julie plaas.

Die Heigel Fotoklub het op 18 Junie hul maandelikse vergadering in Nigel gehou.

Die klub bring fotograwe van beide Heidelberg en Nigel bymekaar en bied ’n platform vir lede om hul kennis uit te brei, inspirasie te kry, aan maandelikse kompetisies deel te neem, en hul werk met mekaar te deel.

Klubvoorsitter, Dawie de Villiers, het almal verwelkom.

Die voorkeskrewe wen foto, Baas van die plaas is deur Nicolaas Smith geneem.

“Dit is verblydend om te sien dat soveel foto’s ingeskryf word.

Dit toon hoe elke persoon op sy fotografiepad groei,” het De Villiers gesê.

Vir Junie is daar ongeveer 50 foto’s ingeskryf.

Die voorgeskrewe tema vir die maand was “Troeteldiere”, maar fotograwe kon ook foto’s in ander kategorieë inskryf.

Die bestealgemene wen foto, Bruinsylangstertjie is deur Nicolaas Smith geneem.

Die wenners was soos volg:

• Troeteldier-voorgeskrewe foto: Baas van die plaas deur Nicolaas Smith

• Beste algemene wenfoto: Bruinsylangstertjie deur Nicolaas Smith

• Beste junior wenfoto: Tonnelvisie deur Anke de Villiers

Die voorgeskrewe tema vir Julie is Ou geboue en murasies.

Persone wat meer inligting oor die klub wil bekom, kan vir Dawie de Villiers kontak by 084 600 5765.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button