Local news

Heidelbergers speel sleutelrol in jeugprojek van die SA Weermagvereniging

Twee lede van SAWV Eenheid Suikerbos in Heidelberg help dryf Projek Dwergvalk, ’n landwye jeugprojek wat fokus op leierskap, oorlewing en karaktervorming.

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) wys hul toewyding aan die jeug deur middel van Projek Dwergvalk, ’n gemeenskapsinisiatief wat fokus op karakterbou, leierskap en praktiese oorlewingsvaardighede.

Die projek, wat sonder vergoeding deur afgetrede veterane aangebied word, is ontwerp om jongmense regoor die land te bemagtig.

Twee lede van SAWV Eenheid Suikerbos in Heidelberg, Willem Pretorius (nasionale projekbestuurder) en Hannes Louw (assistent-projekbestuurder), is aan die stuur van hierdie inisiatief.

Van 24 tot 26 Junie het Pretorius en Louw die Nasionale SOS-kongres by die Solidariteit

Projek Dwergvalk se projekbestuurder, Willem Pretorius spreek besoekers toe.

Skoleondersteuningsentrum in Randburg bygewoon. Die kongres het ’n uitstekende geleentheid gebied om met onderwysers van regoor Suid-Afrika te netwerk en Projek Dwergvalk se waarde vir skole te beklemtoon.

Volgens beskikbare inligting het reeds 25 skole landwyd aangedui dat hulle die projek in hul beplanning wil insluit.
Die jaarlikse SOS-kongres fokus op motivering, praktiese ondersteuning en onderwyserontwikkeling, met insette van kundige gassprekers en vakspesialiste.

Pretorius en Louw het saam al meer as 80 projekte bestuur en meer as 2 400 jeugdiges ondersteun en toegespreek.

Willem Pretorius, Johann du Preez (SAWV voorsitter) en Hannes Louw.

Tydens die kongres het Projek Dwergvalk ook ’n uitstalling gehad waarin die reeks aktiwiteite wat hulle aanbied, uitgelig is – insluitend lesse oor natuurbewustheid, geestelike ontwikkeling, leierskap, oorlewingstegnieke, kampering, samewerking, kamoeflering, jag en vuurmaak.

Vir meer inligting oor Projek Dwergvalk kan Willem Pretorius gekontak word by 066 442 5231.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button