Local news

Sakevroue vier herontmoeting met ontbyt en inspirasie

Met vars koffie in die hand en 'n heerlike ontbyt het die Oos-Rand Sakevroue hul eerste vergadering in ses maande gehou, tydens 'n oggend vol betekenis.

Die Meet and Greet Ontbyt, aangebied by Madeleine’s Venue and Coffee Shop op 2 Julie, was meer as net ’n netwerkgeleentheid; dit was ’n herontmoeting van susterskap, steun, en ondernemingsgees.

Die gaste het lief en leed gedeel tydens die byeenkoms.

Een van die oggend se hoogtepunte was ’n insiggewende toespraak deur Pete Beart, voorsitter van die Eastern Highveld Beekeepers’ Association, wat nie net die waarde van ware heuning uitgelig het nie, maar ook die gevare van “fake honey” in winkels bespreek het.

Gaste het die Oos-Rand Sakevroue se eerste byeenkoms geniet.

Gaste is aangemoedig om sulke produkte by die relevante owerhede aan te meld.

“Alles wat in die produk is moet duidelik aangedui word,” het hy uitgewys.

In hierdie foto is Isabel Blignaut, Elsabie Ferreira, Glynis Holdsworth, Deryl Richardson, Rita Trollip, Alice Muller en Verinia Gardiner.

Hy het voorbeelde gewys waar dit blyk of daar heuning in ‘n bottel is, maar dat dit nie regtig heuning is nie.
Verder het die gaste lief en leed gedeel, gelag, gesels, en mekaar weer opnuut bemoedig.

Die gaste het heerlik gekuier. Agter: Christa Lock, Meida Keet en Alta vd Berg. Voor: Lynette Bryce, Ursula Marais Martie Serfontein en Karen Herbst

Karen Herbst, voorstter van die Oos-Rand Sakevroue het die geleentheid as ‘n groot sukses beskryf.

“Ek moet dit toeskryf aan ons kostes en die getal dames wat die geleentheid bygewoon het. Dit was ons eerste vergadering in ses maande en die dames het dit so geniet om mekaar weer te sien.

Die vroue het ook van die geleentheid gebruik gemaak om te netwerk.

Hoogtepunt was die ou komiteelede wat die geleentheid bygewoon het en Susan Noppe wat na ‘n lang siekbed die funksie kon bywoon. Ons is dankbaar vir elke dame wat die tyd afstaan om ons te ondersteun,” het Herbst bygevoeg.

Pete Beart, voorsitter van die Eastern Highveld Beekeepers’ Association het die gaste toegespreek.

Nuwe komitee

Die toekoms van die Sakevroue lyk blink en hul spog met nuwe komiteelede, Helma Viljoen en Ciska Scheepers.

Elize Malan, Martie Senekamp en Tertia van Schalkwyk.

“Ons is weer terug op ons pos met nuwe komiteelede en ons sal weer meer gereeld sulke geleenthede hou. Ons wil ook meer fokus om die enkel eienaar besighede te ondersteun, bemark en n platform te gee waar hulle kan uitbrei,” het sy bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button