HEIDELBERG
2 Augustus: Die ATKV Heidelberg-tak hou hul langtafel-geleentheid vir die dorp met ‘n heerlike ete. Sandra Taljaard (ATKV-voorsitter) sal nader aan die tyd meer inligting deurgee. Die Afrikaanse taal se eeufeesviering sal ook tydens die geleentheid plaasvind.
9 Augustus: Die Suikerbos Aftreeoord, geleë in Freemanstraat 2, bied ‘n Vrouedagviering aan met spreker Magdie de Kock en kunstenaar Este Gross. Die geleentheid begin om 09:00 en die koste is R180 per persoon.
Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
Weekliks:
• Die Plaashuiswinkel in Begemansstraat 40 hou elke Saterdag van 08:00 tot 13:00 ‘n rommelmark. Slegs tweedehandse goed word verkoop en geen bespreking is nodig nie. Kontak Melinda van der Merwe by 072 134 1420.
• Heidelberg Meander takes place every first Saturday of the month from 08:00 to 14:00 and includes Art in the Park at the Heritage Museum, Car Boot Sale and Market Day at Plaashuiswinkel, Heritage Tours and Painted Drums outdoor gallery. For more information, contact Melinda van der Merwe on 072 134 1420. To book a Heidelberg Heritage tour, contact Tony Burisch on 072 460 9663.
• Every Wednesday is Pensioners’ Day at the Pitstop Car Wash and Diner on 26 Du Preez Street. Car wash and eat in and get 20% off your bill.
• Ladi Koffi-winkel, geleë in die Heidelberg Forum-gebou, Pretoriusstraat 52, hou elke laaste Saterdag van die maand ’n stoepmarkdag. Om uit te stal, kontak Marty Jerling by 082 465 9343.
• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaakgroepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die netheid van die omgewing. Om betrokke te raak of aan een van die WhatsApp-groepe deel te neem, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.
• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 plaas by Houtpoort 392, Heidelberg. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5 km-roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebookblad.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 09:40 ’n Bingo-oggend vir afgetredenes. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 14:00 ’n “Bly kalm, ons gaan nou brei en hekel”-middag in die saal. Bring jou eie wol en penne en kom kuier saam. Almal is welkom.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke eerste Vrydag van die maand ’n pannekoekfondsinsameling. Indien enigiemand wil help, kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord oefen elke Woensdagoggend om 09:00 sang in die saal. Almal wat daarvan hou om te sing, word genooi om saam te kom sing. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord kliniek bied elke Woensdag van 10:00 tot 12:00 die volgende mediese hulpdienste aan: Bloeddruk R10, suikertoets R25, cholesteroltoets R70, BMI R25, toediening van inspuitings R30, oorskoonmaak R70 en wondsorg R50. Die kliniek is geleë in Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir navrae.
NIGEL
29 August: Freedom Recovery Centre is having a fundraiser golf day at the Nigel Golf Club in 1 Springs Road Nigel.
The format is Betterball Scramble Drive. Cost is R2 000 for a four-ball which includes supper and two golfcarts. Excluding Halfway House. Tea off is at 09:00. For bookings or sponsorship contact: Marthinus at 063 509 8809 or Keamo at 083 255 9354 or send an email to golfday@frcrehab.co.za
• Nigel Clean-Up het verskeie skoonmaakprojekte deur die week en oor naweke om te sorg dat die dorp skoon en netjies bly. Om betrokke te raak kontak Andre Moolman by 076 811 4953
• Springs/Nigel Wessa branch and Friends of Marievale Nature Reserve are meeting every second Saturday of the month at 09:00 at the conference centre at Marievale Nature Reserve.
Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333 or email friendsofmarievale@gmail.com
• The Nigel SPCA has expanded its charity shop. They sell various items and invite everyone to browse through all the great goodies and clothes. They are on 1 Spaarwater Road, Nigel. Contact Angela Morris on 084 485 7020 for more information.
Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za of WhatsApp na 066 214 1913.



