Local news
Volkie aangewys as beste agterspeler by nasionale Rhino Week
Hoër Volkskool se Vaughn Steynvaart het sy kant gebring by die Rhino Week en het die vrugte daarvan gepluk.
Hoër Volkskool-leerder en rugbyspeler Vaughn Steynvaart (o17) het gedurende die Julie-vakansie aan die Rhino Week deelgeneem en is ná afloop van die toernooi as die beste agterspeler aangewys.
Die Rhino Week word jaarliks gedurende die wintervakansie gespeel.
Dit is ’n nasionale toernooi waar elke provinsie gewoonlik spelers heen stuur om aan die skouspel deel te neem.
Die toernooi is vanjaar vir die 10de keer aangebied en is by die Vaal University of Technology in Vanderbijlpark gespeel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



