Suikerbos Aftreeoord inwoners besoek historiese Oak View Manor
Die inwoners van Suikerbos Aftreeoord is onlangs bederf met ’n uitstappie na die geskiedkundige Oak View Manor in Heidelberg, waar hulle koffie, soetbederfies en geselskap met vriende geniet het.
Die inwoners van Suikerbos Aftreeord is op 4 Julie bederf met ’n heerlike uitstappie na Oak View Manor in Heidelberg, ’n historiese woning wat reeds sedert 1917 deel van die dorp se ryk erfenis vorm.
Elke inwoner het ‘n koppie koffie en varsgebakte bederfies ontvang.
Die Suikerbos-inwoners het die uitstappie terdeë geniet en die geskiedkundige woning met bewondering besigtig.

“Daar is geen beter tydverdryf vir bejaardes as om met vriende stories uit te ruil oor ‘n koppie tee en ‘n lekker smulhappie nie,” het Marlene Walkden, Suikerbos Aftreeoord se maatskaplike werker, gesê.
“Ons bedank Oak View Manor asook die ander borge wat ons goue oues so bederf het. Almal se bydrae word opreg waardeer,” het Walkden bygevoeg.
Die borge vir die dag was Oak View Manor, Madam Cake, Tania’s Table en Ouma se gebak.




