Local news

Nigel-gemeenskap bring warmte en musiek na tuiste vir bejaardes

Die MCK Musiek Akademie bring ritme en lag

Die inwoners van die Tuiste vir Bejaardes in Nigel is die afgelope maand bederf met twee spesiale musiekgeleenthede wat hul harte met vreugde gevul het.

Op 14 Junie het die MCK Musiek Akademie ’n vroeë Vadersdag-bederf aangebied. Die oggend was gevul met melodieë, glimlagte en opregte samesyn.

Net meer as ’n week later, op Sondag 22 Junie, het die Kingdom Warriors die inwoners se harte warm gemaak met ’n middag van Woord, sang en musiek.

Lede van die MCK Musiek Akademie vermaak inwoners by Nigel Tuiste vir Bejaardes met pragtige musiek.

Die middag was ’n ware viering van geloof en gemeenskap, en het inwoners laat saamkuier in ’n atmosfeer van dankbaarheid en vreugde.

Die bestuur van die Tuiste betuig hul opregte dank aan die gemeenskap van Nigel vir hul voortdurende betrokkenheid, omgee en liefde vir die senior inwoners van die dorp. Hierdie gebeurtenisse is ’n bewys dat omgee steeds ’n sterk kloppende hart in Nigel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button