Local news

KYK: Kersfees kom vroeg by Heidelberg VLU

Die vroue van VLU Heidelberg het hul vergaderlokaal op 8 Julie omskep in ’n warm winterfees.

Die vroue van die VLU Heidelberg-tak het op 8 Julie hul gewone vergadering omskep in ’n feestelike en betekenisvolle Kersfeesviering – Kersfees in Julie.

Met die winterwind wat buite waai, het warmte en liefde die saal gevul, nie net met versierings en ‘n drie-gang maaltyd nie, maar ook met ‘n atmosfeer van saamwees, dankbaarheid en .die ware gees wat die Kersfeesboodskap bring.

Die kerksaal waar hulle gereeld hul vergaderings hou, was versier met wit en rooi dekor, ‘n kersboom en tuisgemaakte kersfeesklappers op elkeen se bord.

Die voorsitter, Susan Smit, het die hart van die dag vasgevang met ‘n tydige herinnering: “Kersfees is nie net ‘n dag in Desember nie. Dit is ‘n geleentheid wat ons daagliks kan vier. Elke dag gee ons die geleentheid om vrede, vergifnis en vreugde met ander te deel,” het sy gesê.

Die lede het vir ’n fotogeleentheid met kersversierings geposeer en is ook gewys hoe om eenvoudige huisartikels aan te wend om gaste oor Kersfees spesiaal te laat voel.

Sandra Taljaard het gewys hoe om die punt van ‘n rol toiletpapier mooi te vou in die vorm van verskillende strikkies. Daar is ook gedemostreer hoe om organza-rose te maak.

Susan Smit en Sandra Taljaard staan reg om die Kersfees in Julie oomblik op kamera vas te vang.

Vir hoofgereg is daar ‘n heerlike warm beetsop bedien – ‘n gereg wat almal aangenaam gevind het.

Baie van die lede het laat hoor dat hulle graag van ‘Kersfees in Julie’ ’n gereelde instelling sou maak.

Laetitia Erasmus wys die roos van orgaza materiaal wat hul tydens die vergadering gemaak het.

Die unieke samekoms het nie net vreugde gebring nie, maar ook daaraan herinner dat Kersfees se waardes, naamlik liefde, diensbaarheid en gemeenskap, regdeur die jaar geleef kan word.

Lede van die VLU Heidelberg-tak geklee in wit en rooi om Kersfees in Julie te vier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button