HEIDELBERG
9 Augustus: Pitstop Carwash and Diner by Du Preezstraat 26 bied ‘n Vrouedag oggend aan oor die innerlike krag van ‘n vrou. Kaartjies is R150 per persoon en daar is slegs plek vir 30 dames. Begin om 10:00 en sluit ‘n ete, geskenkpak en verversings in.
Kontak Maretha Pereira by 082 791 2775 vir besrekings.
9 Augustus: Die Suikerbos Aftreeoord by Freemanstraat 2 bied ‘n Vrouedag viering aan met spreker Magdie de Kock en kunstenaaar Este Gross. Die geleentheid begin om 9:00 en koste is R180 per persoon.
Vir meer inligting kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
Weekliks:
• Die Plaashuiswinkel in Begemansraat 40 hou elke Saterdag van 08:00 tot 13:00 ‘n rommelmark. Slegs tweedehandse goed word verkoop en geen bespreking is nodig. Kontak Melinda van der Merwe by 072 134 1420.
• Heidelberg Meander takes place every first Saturday of the month from 08:00 to 14:00 and includes art in the park at the Heritage Museum, car boot sale and market day at Plaashuiswinkel, heritage tours and Painted Drums outdoor gallery.
For more information, contact Melinda van der Merwe on 072 134 1420. To book a Heidelberg Heritage tour, contact Tony Burisch on 072 460 9663.
• Every Wednesday is pensioners’ day at the Pitstop Car Wash and Diner on 26 Du Preez Street. Wash your car wash and eat in to get 20% off your bill.
• Ladi Koffi winkel in die Heidelberg Forum gebou Pretoriusstraat 52 hou elke laaste Saterdag van die maand ‘n stoepmarkdag. Om uit te stal, kontak Marty Jerling by 082 465 9343.
• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaak groepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.
• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebookblad.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 09:40 ‘n Bingo oggend vir die afgetredenes. Vir meer inligting kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 14:00 ‘n ‘Bly kalm, ons gaan nou brei en hekel’ middag in die saal. Bring eie wol en penne en kom kuier saam. Almal is welkom.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke eerste Vrydag van die maand ‘n pannekoek fondsinsameling. Indien enige persone wil help kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord oefen elke Woensdag oggend om 09:00 sang in die saal. Almal wat hou van sing word genooi om te kom saam sing. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord kliniek bied elke Woensdag vanaf 10:00 tot 12:00 die volgende mediese hulp dienste aan: Bloeddruk R10, suiker toets R25, cholesterol R70, BMI R25, toedien van inspuitings R30, skoonmaak van ore R70 en wondsorg R50. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir navrae.
NIGEL
22 Augustus: Die NG Kerk Nigel-Suid hou hul jaarlikse gholfdag by States Mines Gholf Klub. Koste is R2 000 per vierbal. Putjie borgskappe is R3 000 en sluit ‘n vierbal in. Afslaan tye is 10:30 tot 12:30. Vir meer besonderhede kontak Christo Fouche by 082 496 5463 of Morne Nel by 071 735 1709.
29 August: Freedom Recovery Centre is having a fundraiser golf day at the Nigel Golf Club in 1 Springs Road Nigel. The format is Betterball Scramble Drive. Cost is R2 000 for a fourball which includes supper and two golfcarts. Excluding halfway house. Tee off is at 9:00.
For bookings or sponsorship contact Marthinus at 063 509 8809 or Keamo at 083 255 9354 or send an e-mail to golfday@frcrehab.co.za
30 Augustus: Die Hervormde Kerk Nigel hou ‘n lentefees en colour run. Almal is welkom. Kontak Elna Holmner by 083 490 7252 vir meer inligting.
13 September: Die AP Kerk Nigel hou hul jaarlikse stap vir Bybels as ‘n fondsinsamelingprojek om Bybels te versprei en die Woord van God te verkondig. Kontak Elsa Greyling by 083 703 1763 vir meer inligting.
• Nigel Clean-Up het verskeie skoonmaak projekte deur die week en oor naweke om te sorg dat die dorp skoon en netjies bly. Om betrokke te raak kontak André Moolman by 076 811 4953.
• Springs/Nigel Wessa branch and Friends of Marievale Nature Reserve are meeting every second Saturday of the month at 09:00 in the conference centre at Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333 or email friendsofmarievale@gmail.com
• The Nigel SPCA has expanded its charity shop. They sell various items and invite everyone to browse through the great goodies and clothes. They are on 1 Spaarwater Road, Nigel. Contact Angela Morris on 084 485 7020 for more information.
Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za of WhatsApp na 066 214 1913.



