Local news

Heigel Fotoklub se fotos toon speling met lig en kleur

Die foto kwaliteit verbeter met elke inskrywing volgens voorsitter.

Fotograwe in die Heidelberg- en Nigel-area staan nie terug vir ander fotograwe nie.

Heigel Fotoklub het op 16 Julie hul gebruiklike maandvergadering gehad. Heigel Fotoklub is gestig vir fotograwe van die Heidelberg- sowel as Nigel-areas.

Met sy verwelkoming het Dawie de Villiers (klubvoorsitter) genoem: “Ons is dankbaar vir elkeen se deelname en dit is verblydend om te sien dat die ledetal groei, en dit word bewys met die inskrywings wat toeneem.”

Tydens die Julie-maandvergadering is omtrent 60 foto’s ingeskryf.

Daar is verskeie kategorieë waaronder die fotograwe foto’s kan inskryf, wat natuur, voëls, ope, portrette, swart-en-wit, sport en joernalistiek, argitektuur en nog meer insluit.

Die foto’s word elkeen apart beoordeel en konstruktiewe kommentaar word gegee sodat die fotograwe kan leer en verbeter. Die wenfoto’s van die maand is ook uitgewys.

Die voorgeskrewe tema vir die maand was “Geboue en murasies”.

Voorgeskrewe tema: Geboue en Murasies: Murasie – Ineke Kleingeld.

Die wenners is as volg aangekondig:

Voorgeskrewe tema-wenner – geboue en murasies: Murasie deur fotograaf Ineke Kleingeld

Beste algemene wenfoto: Me and my Harley deur fotograaf Michelle van Niekerk

Beste junior wenfoto: Nan Hua Temple deur fotograaf Heinrich van der Merwe

Die voorgeskrewe tema vir Augustus is foto’s wat ’n storie vertel.

Daar was wel slegte nuus wat die klub getref het. Hulle tesourier, Reg van Deventer (80), is oorlede. Reg was sedert 1983 deel van die klub. Hy het op 6 Julie te sterwe gekom en is op 14 Julie ter ruste gelê.

Enigeen wat deel van die klub wil wees, meer wil leer en moontlik wil aansluit, kan Heigel Fotoklub se voorsitter, Dawie de Villiers, by 084 600 5765 kontak.

Die volgende vergadering sal op 13 Augustus by die ou tronk in Jordaan- en Ueckermannstraat in Heidelberg plaasvind.

Junior Wenner Foto: Nan Hua Temple – Heinrich van der Merwe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button