Local news
Balfour leerders maak die strate skoon
Meer as 70 sakke vuilgoed is deur die leerders opgetel.
Gekombineerde Skool Balfour het hul deel vir Mandela-dag gedoen deur op 25 Julie die strate van Balfour aan te pak en die dorp skoon te maak.
Met geesdrif en ’n positiewe gesindheid het die leerders ’n verskil gemaak deur meer as 70 sakke vuilgoed en bottels op te tel wat in die strate en op die sypaadjies rondgelê het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




