Local news

Strydomstraat is na DJJ Strydom vernoem

Menige geskiedkundige persone het hier in die verlede gewoon.

Strydomstraat in Heidelberg het ‘n ryk geskiedenis. Die straat is na DJJ Strydom vernoem.

Van die oudste plase was Goedgedacht wat deur NH Strydom besit was. Houtpoort se eienaar was PF Strydom en Langlaagte was oorspronklik deur DJJ Strydom besit.

Die plaas Langlaagte is later hervernoem na Heidelberg.

Daar is al verskeie blou plaatjies vir erfenis in Strydomstraat toegeken.

Noemenswaardige persone wat voor die Eerste Anglo-Boereoorlog in Strydomstraat gewoon het, was onder andere die eerste landdros FK Maré, OA Strydom en DL Venter.

Paul Kruger het glo op ‘n stadium ‘n kamer daar gehad. Ander bekende inwoners sluit in die Standard Bank van Brits SA, die Anglikaanse kerkleraar Denis McConnel en sy vrou, asook mnr Kilian. Later het die straat ook dr Hale, ‘n tandarts, en die welbekende Methodiste Kerk gehuisves.

PF Strydom.

Behalwe vir DJJ Strydom was daar ook ’n ander Strydom wat spore in Heidelberg gelaat het: Pieter Frederik Strydom. Hy is op 8 Desember 1824 in Beaufort-Wes gebore en is op 18 November 1904 oorlede.

Hy was die seun van Pieter Hendrik en Cornelia Maria Strydom. Sy eerste vrou was Martha Petrussina (gebore Lindeque), gevolg deur Magdalena Maria (gebore Fourie).

PF Strydom was die eerste diaken van Suikerbosrand. Hy het tot en met 1852 in die amp gedien en dit neergelê as gevolg van sy gesondheid.

Na sy aftrede was hy deur Wynand Smit opgevolg. Smit se broer was ook ‘n diaken in die kerk gewees.

Verwysing: Dagboek Inskrywing van JDG Bronkhorst en www.genie.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button