Local news

Diep spore van Dr AG Visser leef voort in Heidelberg

Dr Andries Gerhardus Visser se invloed op Heidelberg en Afrikaanse kultuur is onmiskenbaar. As digter, dokter en gemeenskapsleier het sy werk en woorde 'n nalatenskap gelaat wat vandag steeds respekteer en onthou word.

Dr Andries Gerhardus Visser het diep spore in Heidelberg gelaat.

AG Visser is op 1 Maart, 1878 in Fraserburg op die plaas Zaaifontein in die Noord-Kaap area in ‘n tent gebore.
Sy ouers was Andreas Gerhardus en Martha Engela Elizabeth (Rossouw).

In 1896 het Visser sy skoolloopbaan by die Normaalkollege in Kaapstad voltooi.

Dr AG Visser en sy eerste vrou Lettie op hul troudag.

Later het hy ook sy onderwyseksamen geslaag en het ’n onderwyser, en later ’n skoolhoof, in Carnarvon in die Noord-Kaap geword.

Gedurende die Tweede Anglo-Boereoorlog (1899 tot 1902) het Visser sterk uitsprake teen die Britte gemaak.

In September 1901 het Visser die Kaapkolonie verlaat en is na Skotland, waar hy medies aan die Universiteit van Edinburgh gestudeer het.

Dr AG Visser.

Ná voltooiing van sy studies in 1906 het Visser na Suid-Afrika teruggekeer.

Visser het sy mediese praktyk in Carnarvon tot 1909 gehad. Daarna het hy vir sewe jaar in die Steytlerville-gebied gepraktiseer.

In 1916 het Visser na Heidelberg verhuis.

‘n Jong Dr AG Visser.

Visser was twee keer getroud. Sy eerste vrou was Laetitia Fransina (Lettie) Conradie en sy tweede vrou Martha Maria (Marie) de Villiers.

Eugene N Marais het Visser oortuig om digkuns te beoefen en dit het vrugte afgewerp.

Visser het twee Hertzogpryse ontvang vir sy digkuns. Hy was ook erevoorsitter van die Heidelbergse Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging.

Dr AG Visser en sy tweede vrou Maria.

In 1918 was Visser ook ’n lid van die stadsraad.

Visser het met sy diep spore verseker dat drie landmerke sy naam dra.

Die eerste is die huis in Van der Westhuizenstraat waarin hy gewoon het, en wat in 2022 met ’n erfenis-blouplaatjie vereer is.

Verder is die AG Visser Hospitaal en Laerskool AG Visser na hom vernoem, asook ’n straat in Rensburg.

Dr AG Visser se drie kinders (Willie, Andries en Annatjie).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button