Local news

Volkskool spog met toppresteerders in karate, dans en gimnastiek

Van karate en gimnastiek tot dans, het die leerders nie net medaljes en kleure verwerf nie, maar ook hul plek op die podium gevestig.

Leerders van Hoër Volkskool het die afgelope tyd hul veelvlakkige talent op nasionale en provinsiale vlak ten toon gestel en só hul skool se naam met trots hoog gehou.

Leerders het uitgeblink in onder andere karate, gimnastiek en dans.

Karate

Criselda Viljoen het Gauteng verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Karate Kampioenskappe waar sy twee medaljes verower het.

Criselda Viljoen het Gauteng verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Karate Kampioenskappe.

Sy het goud in die kata-dissipline en silwer vir kumite ontvang. Dit het Criselda in staat gestel om Suid-Afrikaanse kleure vir JKA Karate te verwerf.

Claudio Jayden Naudé het aan die Tenshinkan Karate Suid-Gauteng Kampioenskappe deelgeneem, waar hy goud in kata en kumite verwerf het.

Gimnastiek

Nicala Terblanche het aan die Oos-Gauteng Gimnastiek Kampioenskappe deelgeneem. In die trio-balans het Nicala ‘n silwer medalje verower.

Nicala Terblanche is ‘n gimnas om mee rekening te hou.

Hiermee kwalifiseer sy vir Oos-Gauteng-kleure en sal sy van 14 tot 16 Augustus aan die Gautengkampioenskappe in Centurion deelneem.

Dans

Liané du Plessis het aan drie internasionaal erkende en plaaslike kompetisies deelgeneem.

Liané du Plessis is in haar element op die verhoog.

By die WLDF Dancer of the Year (World Lyrical Dance Federation) was Liané derde in Suid-Afrika geplaas in haar ouderdomsgroep.

Tydens die DTMA (Dance Talent Modelling Association) het sy met al vier die akrobatiese dansitems gekwalifiseer om aan die nasionale ronde deel te neem.

Met die Talent Africa-danskompetisie het Liané in al haar items (ballet, liries en volksdans) Gauteng-kleure behaal en sal sy binnekort aan die nasionale ronde van die kompetisie deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button