Local news

VIDEO: Laerskool Volkskool se jaarlikse damesaand ’n stylvolle sukses vol musiek en pret

Met ’n swart-en-wit tema, gesellige musiek deur bekende kunstenaars, ’n Noot vir Noot-speletjie en heerlike bederfies, was dit ’n aand wat vroue laat glimlag het.

Die Ouerondersteuningsvereniging (OOV) van Laerskool Volkskool het op 6 Augustus hul gewilde jaarlikse damesaand en fondsinsamelingsfunksie met groot sukses aangebied by Bella Rochelle, net buite Heidelberg.

Die tema vir die aand was swart en wit, en die elegante dames het nie teleurgestel nie.

Elke tafel is met sorg gereël deur ’n gasvrou, en die aand het ’n fees van styl, musiek en vriendskap geword.

Die Franse tafel se dames is geklee volgens ‘n Franse tema.

Barney Armstrong en Danie van Niekerk van Armstrong Entertainment het gesorg vir ’n vrolike atmosfeer en musiek wat almal laat saamsing het.

Die hoogtepunt van die aand was die opwindende musiekspeletjie, gebaseer op Noot vir Noot, wat vir hope pret gesorg het.

Ander gunstelinge van die aand het gelukkige trekkings, ’n heerlike aandete en nagereg ingesluit, asook snuffelstalletjies met alles van mooi juwele tot handgemaakte produkte – perfek vir ’n vrou se hart.

Anelè Evert, Maretha Pereira en Ina Els van die flinder tafel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button