Local news

Gemeenskap van Heidelberg vier Vrouedag met inspirerende vroue teepartytjie

Inspirerende toesprake en sang het Heidelberg se vroue op Vrouedag bymekaar gebring vir ’n fondsinsameling wat samehorigheid en hoop bevorder het.

Wat gebeur as jy inspirerende vroue soos Miems Coertzen, Maggie de Kok, Esthe Gross en ds Ivanna Hartman saambring?

’n Fantastiese teepartytjie!

Op Vrouedag het hierdie vier dinamiese vroue die gemeenskap van Heidelberg getrakteer tydens ‘n besondere fondsinsamelingsgeleentheid.

Vroue uit die omgewing het die geleentheid benut om eerstehands te luister na die ervarings en insigte van hierdie besondere vroue, almal met ’n sterk Heidelbergse konneksie.

Ds Ivanna Hartman (Hervormde gemeente Pretoria-Oos) was eerste aan die woord.

Ds Ivana Hartman het ‘n kragtige boodskap gelewer.

Hartman se boodskap aan die gaste was om in gebed te bly

“Maak nie saak wat jou omstandighede is nie. Bid vir mekaar en staan mekaar daagliks by,” het sy gesê.

Volgende aan die woord was Magdie de Kok wat self ‘n Heidelberger is en ook die Wêreld President van Associated Country Woman of the World is.

Magdie de Kok het die gaste toegespreek.

“Soos ‘n teepot, so is ons as vrou; sterk, mooi en vol warmte,” het sy gesê.

“Sterk vroue, soos dié wat die Anglo Boereoorlog oorleef het, het eienskappe van deursettingsvermoe, waagmoed en sterk geloofsoortuiging.

“Daars is ‘n teepot vir elke funksie, elkeen uniek maar ons moet nie vaskyk in die teepot nie, dit gaan eintlik oor die inhoud, die gehalte van die tee.

“Hoe smaak die tee wat uit jou binneste kom? Help jou tee ander genees of het dit soms ‘n sif nodig om die skinder, oordeel en kwaadpraat op te vang?

Miems Coertzen spreek die gehoor toe.

“Ons is almal verskillend maar deur God na Sy beeld geskep met ‘n unieke rol.

“Jy is sterk, uniek en vol warmte maar nie uit eie krag nie.”

Daarna het Esthe Gross en Lizelle Henrico hulle beurt gehad en die gehoor met sang getrakteer.

Lizel Henrico en Este Grossn het die gehoor met sang getrakteer.

Estie het verder meer vertel van wie en waar Sarie Marais vandaan kom en wat die verskil is tussen ‘n volkslied en ‘n lied wat volksbesit geword het.

Sy het haar vertoning afgesluit met die boodskap: “Dra altyd die liefde saam met jou, wees vir ander ‘n veilige hawe waar hul kan broos wees en volkome liefde ervaar.

“Dis voorwaar ‘n geskenk om te weet hoe om iemand volkome lief te hê.

Marlene Walkden, Suikerbosoord se maatskaplike werker, het die unieke oggend afgesluit deur almal hartlik te bedank.

“Dit was vele maande se harde werk om die oggend só mooi bymekaar te vleg. Dankie ook aan elke gasvrou, elke gas en almal wat donasies gegee het,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button