Bekende Suid-Afrikaanse aktrise, Susan Coetzer, tree op in Rensburg
Kom beleef die geliefde aktrise en spreker tydens 'n aand vol stories, inspirasie, en lag, ten bate van VLU.
Die saal van NG Kerk Rensburg gaan op 9 September bruis van opwinding wanneer die bekende aktrise, regisseur en spreker Susan Coetzer haar talent met die gemeenskap kom deel – alles ten bate van die VLU Rensburg fondsinsamelingsprojek.
Baie ken haar as Louis se ma in Binnelanders, maar haar loopbaan strek veel verder.
Sy is ’n gesoute verhoog- en televisie aktrise met dekades se ervaring, en het al in verskeie bekroonde produksies gespeel.
Buiten haar akteurskap, is sy ’n gerespekteerde regisseur en motiveringspreker wat die vermoë het om gehore te inspireer en mee te voer met haar unieke kombinasie van humor, insig, en diepte.
Hierdie aand beloof om ’n fees vir die sintuie te wees en ’n geleentheid om ’n ware Suid-Afrikaanse ikoon van naby te beleef, terwyl ook bydra tot ’n goeie saak.
Moet nie hierdie kans mis om Susan Coetzer in aksie te sien nie. Bring familie en vriende saam vir ’n onvergeetlike aand. Kaartjies is R120 per persoon.
Kontak Susan Smit by 084 568 2837 of Petra Basson by 082 720 2400 om jou plek te bespreek.



