Local news

Heidelberg se KameelFees bring parade, resies en gesinsvermaak

Merk jou kalender vir Heidelberg se geliefde KameelFees met vermaak, kos en familiepret soos min ander.

Heidelberg maak gereed vir een van sy mees unieke en geliefde geleenthede: die KameelFees, wat op Vrydag 26 en Saterdag 27 September by Laerskool AG Visser plaasvind.

Die skool is reeds in volle kameelgees, met voorbereidings wat kleurvol en kreatief verloop.

Die KameelFees, wat sy oorsprong het in die gewilde kameelresies-konsep, is ’n samekoms van plaaslike trots, vermaak en gemeenskapsgees. Verskeie ondernemings in die dorp borg die kamele wat op Vrydag deel sal wees van ’n feestelike parade deur Heidelberg se strate.

Saterdag beloof om ’n adrenalienbelaaide dag te wees, met die opwindende kameelresies as hoogtepunt. Maar dit is nie al nie – die fees bied iets vir elke lid van die gesin.

Albert Bredenhann, bekende fotograaf en mediagoeroe, en Nastassja Ras, model en wenner van Houvrou Trouvrou, sal as seremoniemeesters die KameelFees naweek se program lei.

Die verhoog sal brand van talent met optredes deur van die land se topkunstenaars. Intussen kan die jongspan hul energie uitleef in die pretpark, terwyl volwassenes deur die verskeidenheid stalletjies snuffel – van handgemaakte items tot heerlike kos wat elke smaak sal bederf.

Albert Bredenhann, bekende fotograaf en mediagoeroe, en Nastassja Ras, model en wenner van Houvrou Trouvrou, sal as seremoniemeesters die naweek se program lei.

Merk 26 en 27 September in jou kalender en kom beleef die KameelFees – ’n viering van kultuur, gemeenskap en kameelpret soos net Heidelberg dit kan aanbied.

Vir meer inligting, kontak Leandra Botha by 081 077 3375 of hou die sosiale mediaplatforms van Laerskool AG Visser dop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button