Heigel Fotoklub se maandelikse vergadering vier talent en verbeelding
Heigel Fotoklub-maandvergadering het 62 foto’s ingesluit, met wenfoto’s wat kreatiwiteit en verbeelding wys, vasgevang met kameras en selfone.
Die Heigel Fotoklub het op 13 Augustus hul gebruiklike maandvergadering gehad.
Die klubvoorsitter, Dawie de Villiers het almal verwelkom en gesê die foto’s verbeter elke maand.
“Ons is opgewonde om die groei in die klub te sien,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat sommige van die foto’s wat ingeskryf word, nie met kameras vasgevang word nie maar dat selfoonfoto’s ook ingeskryf word.

“Ons konsentreer nie net op kamerafoto’s nie, maar op enige fotomedium wat daar is, en verbeelding en kreatiwiteit is net so baie,” het De Villiers gesê.
Vir die Julie vergadering is 62 foto’s ingeskryf.
Die foto’s word elkeen apart beoordeel en konstruktiewe kommentaar word gegee sodat die fotograwe kan leer en verbeter.
Die wenfoto’s van die maand is ook uitgewys.
Voorgeskrewe tema-wenner: Foto’s wat ’n storie vertel: GBV Awareness deur Eugene Viljoen.

Beste algemene wenfoto: Koue oor die Drakensberg deur Dawie de Villiers.
Beste junior wenfoto: Vanished Grave deur Heinrich van der Merwe.
Die voorgeskrewe tema vir September is negatiewe spasie.
Op 6 September sal daar ’n kamera beginnerskursus aangebied word.
Persone wat meer inligting benodig kan Dawie de Villiers by 084 600 5765 kontak.
Die volgende vergadering sal op 10 September in Nigel plaasvind.



