Hoër Volkskool se leerders maak indruk by Conspirito
Leerders van Hoër Volkskool het onlangs hul debuut gemaak by die Conspirito Debatkompetisie in Pretoria, waar Mala van Jaarsveld en Kaylynn Botha veral uitgestaan het met indrukwekkende spraakvermoë.
Leerders van die Hoër Volkskool het onlangs aan die Conspirito Debatkompetisie by Hoërskool Garsfontein in Pretoria deelgeneem.
Dit was die eerste keer dat die Volkies daaraan deelgeneem het.
Twee Volkies het veral aandag getrek met hulle deelname en spraakvermoë.
Mala van Jaarsveld en Kaylynn Botha het nie net gewys dat hulle op hul voete kan dink en praat nie, maar het ook bewys dat hulle ’n krag is om mee rekening te hou.
Beide leerders het deurgedring na die halfeindstryd.
Die deelnemende leerders was:
Juniors:
1. Mala Van Jaarsveld en Kaylynn Botha (teen Hoërskool Menlopark)
2. Kiché Brink en Josua Botha (teen Afrikaanse Hoër Seunskool)
3. Dylan Duvenhage en Lana Hartzer (teen Waterkloof)
4. Kayla Strauss en Gabriélla Botes (teen Afrikaanse Hoër Seunskool)
5. Khanyisa Ngwenya en Isabel Kloppers (teen Hoërskool Menlopark)
6. Mala van Jaarsveld en Simoné van Niekerk (teen Hoërskool Pta Noord)
7. Dilshan Lala en Junior Kekana (teen Hoërskool Hartbeespoort)
8. Lucienné Herbst en Xiané Nelson (teen Hoërskool Menlopark)
9. Bez Bezuidenhout en Josua Gouws (teen Hoërskool Linden)
Senior Span:
Annagreth Botha en Ora Motsele (teen Afrikaanse Hoër Seunskool)



