Local news

Stap vir Bybels in Nigel en ondersteun Bybelverspreiding

Kies tussen 1 km, 5 km of 10 km en ondersteun die Bybelgenootskap se werk om Bybels aan bejaardes en gemeenskappe in nood te versprei.

Die AP Kerk Nigel nooi die gemeenskap om deel te word van die jaarlikse Stap vir Bybels, wat op 13 September plaasvind by Flip de Bruinstraat 2, Visagiepark.

Die Stap vir Bybels is ’n fondsinsamelingsprojek wat deur kerke of gemeenskappe saam met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) gereël word. Die doel is om geld in te samel vir die aankoop en verspreiding van Bybels, veral grootdruk- en oudio-uitgawes vir bejaardes en ander mense in nood.

Deelnemers kan kies tussen ’n 1 km-, 5 km- of 10 km-stap, en die dag beloof om ’n heerlike samekoms van geloof, geselligheid en ondersteuning vir Bybelverspreiding te wees.

Inskrywings beloop R50 per persoon en vind plaas tussen 07:00 en 08:45. Die stap begin om 09:00.

Die byeenkoms sluit ook prystrekkings in, en die span met die beste gees staan ’n kans om R2 000 kontant te wen. Elke deelnemer ontvang ’n bedankingsmemento van die Bybelgenootskap.

Soos tradisie dit voorskryf, sal daar ook sorg gedra word vir honger mae. Besoekers kan uitsien na worsrolle, pannekoek en koeldrank wat regdeur die dag beskikbaar sal wees.

Die organiseerders moedig die gemeenskap aan om saam te stap en hiermee die werk van Bybelverspreiding te ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button