Local news

‘n Straat met ‘n storie

Begemanstraat in Heidelberg is meer as net ’n straat; dit vertel die verhaal van die dorp se stigting, sy eerste kerk en die mense wat ’n groot rol in die gemeenskap gespeel het.

Die geskiedenis van Begemanstraat in Heidelberg is verbind met die stigting van die dorp in 1866 deur Heinrich Ueckermann.

Die eiendom op Begemanstraat 42, vroeër standplaas 64, het aan JF Ziervogel en moontlik ook aan mnr. Bronkhorst behoort, wat ook ‘n plaas in die gebied besit het.

Albei was belangrike persone in Heidelberg se totstandkoming en geskiedenis.

Verder was daar eiendomme in die straat wat deel van die dorp se ontwikkeling was, insluitend die bou van die huis en winkel van William St Clair McLaren.

Adriaan Begeman is op 15 Junie 1831 in Nederland gebore en oorlede op 15 November 1925.

Die eerste kerkgebou van die Nederduits Hervormde Kerk in Heidelberg.

Begeman was een van 12 kinders en was in 1861 met Johanna Hermina Goetz getroud. Hulle het 11 kinders gehad.

Benewens sy pa en broer was verskeie ander familielede van Begeman ook predikante.

Begeman was een van die eerste leraars wat spore in Heidelberg agtergelaat het.

In 1864 het die kerkraad van Pretoria ‘n versoek van Suikerbosrand ontvang om ‘n kerkgebou op te rig.

Dit het gelei tot die stigting van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Heidelberg, ‘n paar maande voordat die dorp self tot stand gekom het.

Ds AJ Begeman.

Die eerste kerkbyeenkomste het op 30/31 Desember 1865 plaasgevind.

Die eerste konsulent was Begeman gewees. Hy was van 1865 tot 1868 deel van Heidelberg kerkgroep.

Dit was eers die selfstandige gemeente Suikerbosrand genoem.

Op daardie stadium het die kerk reeds 612 gemeentelede gehad.

Begeman het nie net in Suikerbosrand diens gelewer nie maar was ook ‘n reisende konsulent wat op Houtpoort diens gedoen het.

Ds AJ Begeman en sy vrou, Johanna Goetz

Die eerste kerksvergadering was op 1 Januarie 1866 gehou met Begeman, die konsulent en voorsitter.

Die ander lede was CFJ Meyer, PP Roets (ouderlinge), W Pretorius, CJ Smit, JJ van Staden en SB Buys as diakens.

Dit het gelei tot die begin en navraag dat petisies opgestel was om Heidelberg as dorp te kan verklaar.

Na sy uittrede as predikant in 1872 het Begeman in Pretoria gewoon totdat hy afgesterf het.

Verskeie geboue en persele in Begemanstraat is al tot erfenisstatus verklaar.

Belangrike geboue in Begemanstraat is die lanndrofhof, Laer Volkskool, Meditireënse Plaaswinkel om net ‘n paar te noem.

Verwysings: Wikipedia, Nederduitse Gedenkalbum.

Die gedenkplaatjie met ds AJ Begeman se naam op.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button