Nigel Rugbyklub mik na dubbele oorwinning in Merlin-finaal
Opwindende rugby finaal voorskou.
Nigel Rugbyklub pak vandag (Saterdag) vir East Rand United in die Merlin-finaal op die John Vorster-stadion in Nigel.
Beide die eerste- en tweedespanne sal in aksie wees.
Nigel se tweede span kom teen Elsburg se tweede span te staan, terwyl die eerste span as verdedigende kampioen die veld betree. Nigel het in 2024 Benoni Northerns in die finaal geklop en sodoende die Merlin-trofee verower.
Die tweede span het egter in 2024 teen Benoni Northerns se tweede span in die eindstryd vasgeval.
Die klub doen ’n beroep op die gemeenskap om in groot getalle op te daag en die spanne te ondersteun.
Die tweede span se wedstryd begin om 14:40, en die eerste span draf om 16:00 op die veld.
Toegang beloop R20 per persoon en R20 per voertuig.



