Mnr en Mej Volkie 2025 bring 1920’s-glans na Hoër Volkskool
Onder die glans van die gatsby-tema het deelnemers die gehoor na die 1920’s teruggevoer, met stylvolle optredes, kreatiewe loopplankvertonings.
Die jaarlikse sosiale hoogtepunt op die Hoër Volkskool-kalender, Mnr en Mej Volkie, is op 2 September by die skool aangebied.
Die kroon het dié jaar aan Teaden Kotze en Mikayla Baird behoort.

Die geleentheid is feestelik geopen deur die 2024-wenners, Pieter Greyling en Ané
ll Shepherd, wat ook as seremoniemeesters vir die aand opgetree het.

Die tema was Gatsby, wat die gehoor teruggevoer het na die glansryke 1920’s.

Vanjaar se deelnemers was:
Meisies: Lené le Roux, Jua Rautenbach, Carli Venter, Shimaley Beytel, Lunél Greyling, Amelia Strydom, Mieke Nienaber, Michelle de Beer, Mikayla Baird, Ankia Meyer, Deané Wheeler, Anneke Els, Madeleen Lewis, Suné Vermaak en Emma Barnard.

Seuns: Janez Fritz, Francois Smith, Aiden Finlayson, Danie Hartzer, Christof le Roux, Marco Smith, Darius Mienie, Christiaan Theron, Tertius Wentzel, Connor Cannon, Rico Swart, Willem-Jan Sprong, Rohan de Rouwe, Liam Coetzee en Teaden Kotze.

Voor die beoordelaars hul finale besluit geneem het, het die deelnemers eers in groepe opgetree en daarna as paartjies oor die loopplank gestap, elkeen met hulle eie flair en persoonlikheid.

Die gaskunstenaar vir die aand was Belinde Muller.

Ander wenners vir die aand was eerste prins (Tertius Wentzel), eerste prinses (Lunél Greyling), tweede prins (Aiden Finlayson), tweede prinses (Jua Rautenbach), Mnr Fotogenies (Liam Coetzee), Mej Fotogenies (Suné Vermaak), Mnr Persoonlikheid (Teaden Kotze) en Mej Persoonlikheid (Carli Venter).

Die beoordelaars vir die aand was Ashley Laatz, Claudia Oosthuizen, Dina Devine, Elani Benade, Gavin Crewe, René McGreer en Stiaan van der Heide.



















