Local news

Die lente word behoorlik ingewy by die Suikerbos Aftreeoord

Die inwoners het gesing en gesmul aan roomys terwyl daar in vrolike luim na musiek geluister is.

Suikerbos Aftreeoord het op 2 September die begin van die lente gevier met vrolike partytjies.

Die gesellighede het by die Diens- en Bystandsorg, Silwerakker en Goue-Akker afdelings plaasgevind.

Inwoners van die Suikerbos Aftreeoord geniet ‘n roomys.

Marie Benadie het almal in ‘n vrolike luim gekry deur haar trekklavier te tokkel terwyl die inwoners heerlik gesmul het aan roomys.

Marie Benade het gesorg vir die musiek. Marlene Walkden, Suikerbos maatskaplike werker staan agter haar.

Silwerakker se inwoners het twee weke lank voorberei deur papierblomme te maak om die tuin te verfraai. Hulle het ‘n teepartytjie met heerlike eetgoed en musiek geniet.

Marie Benadie speel haar trekklavier.

Die Goue-Akker-inwoners was bederf met roomys en ‘n gratis voetbehandeling te danke aan Charmain Crous en die personeel.

Silwerakker inwoners sit in hul tuin.
Suikerbos Aftreeoord lenteviering.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button