Local newsSport

Volkskool se Vikings vaar goed by Gauteng Fast5 kampioenskappe

Die Vikings sal later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Fast5 kampioenskappe deelneem.

Die Hoër Volkskool se Fast5 netbalspanne het op 13 Sepember aan die Gauteng Fast5 kampioenskappe te Hoërskool Florida deelgeneem.

Die deelnemende spanne was Die Vikings en die Knights in die 017-ouderdomsgroep, die Hotshots (o15) en die Guppies (o14).
Volkskool se Viking span moes hard werk maar is met ‘n vyfde plek in die kampioenskappe beloon.

Die span se uitslae was as volg: Volkskool 14 – Monument 5, Volkskool 22 – Dinamika 25, Volkskool 30 – Noordheuwel 22, Volkskool 25 – Montana 10, Volkskool 17- Reddam Waterfall 17. In die semi-finaal Volskool 31 – Menlo (B) 21 en vyfde plek uitspeel Volkskool 23 – Dinamika 21.

Die Vikings het met dié goeie uitslae verseker dat hulle deel sal wees van die Suid Afrikaanse Fast5 kampioenskappe wat later vanjaar plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button