Local news

Nigel Tuiste vir Bejaardes kry nuwe braaifasaliteit vir inwoners en families

Inwoners van die Nigel Tuiste vir Bejaardes kan nou langer saamkuier met familie, danksy die nuwe braaifasaliteit wat met hulp van plaaslike rolspelers gebou is.

Die inwoners van die Tuiste vir Bejaardes kan nou saamkuier by ’n splinternuwe braaifasaliteit.

Danksy die samewerking van Laerskool Hannes Visagie en verskeie ander rolspelers het hierdie droom ’n werklikheid geword.

Die amptelike opening van die fasiliteit het onlangs plaasgevind.

Onder leiding van Madéle van Vuuren het die idee ontstaan om iets te skep sodat die inwoners en kuiergaste lekker kan saamkuier.

“Terwyl my ma daar was, het ek die behoefte aan ’n gesellige kuierplek raakgesien, saam met families wat hul geliefdes in die verswakte gedeelte besoek. Die idee is dat die besoek nie net ’n vinnige in-en-uit-kuier hoef te wees nie, maar dat families by ’n gerieflike braaigebied langer kan vertoef en saam met hul geliefde bejaardes ’n vleisie kan braai.”

Corné van der Merwe van Woodstock het gesorg dat die gras en tuin weer netjies lyk.

 Die braaigebied waar bejaardes en hul kuiergaste gesellig kan verkeer.

Sy het die grasperk gelykgemaak, plante en ’n boom geplant en ook omgesien na die bou van die nuwe braaiers, sitplekke en afdakke.

Verder het verskeie individue en maatskappye saamgewerk deur skenkings van onder andere materiaal en arbeid.

Tydens die opening van die braaifasaliteit is die borge opreg bedank, want sonder hulle insette sou dit nie kon plaasvind nie.

Met alles nou in plek kan die inwoners van die Tuiste vir Bejaardes gerieflik met hul geliefdes kuier.

Tydens die amptelike opening is ’n lint gesny en kon die gaste versnapperings geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button