Local news
Volkie leerder se talent word bekroon by Del Arte
Isabel Kloppers het uitstaande punte behaal by die Del Arte Kunstefees en is uitgenooi na die prestigieryke Goue Geleentheid op 30 September.
‘n Graad Agt leerder van die Hoër Volkskool, Isabel Kloppers, het onlangs uitstekend presteer by die Del Arte Kunstefees.
Sy het in verskeie kategorieë deelgeneem en indrukwekkende punte behaal:
Engels: Gedramatiseerde poësie A++, Poësie A++, Monoloog A++, Voorgeskrewe lees A++, Voorbereide lees A++
Afrikaans: Gedramatiseerde poësie A+++, Poësie A+
As gevolg van haar uitstekende prestasies is Isabel uitgenooi om aan die Del Arte Goue Geleentheid deel te neem, wat op 30 September plaasvind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



