Local newsSport

Stywe lyne by Balfour Hengelklub kompetisie

Die volgende kompetisie sal by Kollege Plaas, Vaaldam op 4 en 5 Oktober 2025 plaasvind.

Die Balfour Hengelklub het op 13 September sy klubkompetisie aangebied by Steyn’s Oord aan die Vaaldam, waar lede en deelnemers saamgetrek het.

Daar was altesaam 24 lede wat aan die kompetisie deelgeneem het wat ‘n totaal van 113 vis met ‘n gewig van 117.386 kg gevang het

Kallie Kriel wys trots sy baber, wat die swaarste baber op die dag was.

Die uitslae is soos volg:

Senior wenners:

Wenner: Luan Mullermet 12 vis en ‘n gewig van (14.013kg), tweede: Heine Terblanche 10 vis – 14.520kg) en derde: Johan Dames (14 vis – 7.903kg)

Vroue wenners:

Eerste: Deidre Nel (sewe vis – 4.681kg), tweede: Liza Goosen (vier vis – 6.015kg) en derde: Riette Dercksen (drie vis – 4.919kg)

Junior wenners:

Eerste: Kallie Kriel (ses vis – 14.267kg), tweede: Anthony Muller (vier vis – 5.110kg) en derde: Luna van der Merwe (twee vis – 1.194kg)

 Liza Goosen met haar graskarp.

Ander uitslae:

Swaarste karp: Heine Terblanche – 4.153kg.

Swaarste graskarp: Liza Goosen – 4.171kg.

Swaarste moddervis: Andre Botha – 0.916kg.

Swaarste baber: Kallie Kriel – 10.697kg.

Swaarste geelvis: Andre Botha – 0.691kg

Die volgende kompetisie sal by Kollege Plaas, Vaaldam op 4 en 5 Oktober 2025 plaasvind.

Vir verdere inligting of om by die klub aan te sluit, kontak vir Lukas Stolz by 084 757 6058 of Bennie Kriel by 079 888 6052.

Luan Muller wys sy vangs vir die dag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button