Hannes Visagie leerders blink uit in skaak en wiskunde
Die skool se o9 skaakspan het ’n tweede plek in die D5-distrikskaakkompetisie ingepalm, terwyl twee Graad Sewe leerders puik posisies in die provinsiale Wiskunde Olimpiade verower het.
Laerskool Hannes Visagie het die afgelope tyd groot trots beleef toe hul leerders in skaak en wiskunde uitstekende prestasies behaal het.
Die skool se o9-skaakspan het ’n tweede plek in die D5-distrikskaakkompetisie ingepalm, terwyl twee Graad Sewe-leerders puik posisies in die provinsiale Wiskunde Olimpiade verower het.
Skaak:
Die skool se o9 skaakspan is by die D5-distrikskaakkompetisie beloon met ‘n tweede plek in die kompetisie. Daarna het die span aan die Gauteng skaaktoernooi deelgeneem.

Die junior skaakspelers is Lena la Grange, Alexander Eagelton, Kian Hendricks, Linique Rautenbach, Mila de Wit, Tyler Jacobs.
Op 27 September het verskeie skaakspelers ook aan die Gauteng indivudele skaakkampioenskappe in Randburg deelgeneem.
Die spelers is Isabella Hauptfleisch, Annely van den Heever, Nadia Steenkamp.
Wiskunde Olimpiade:
Twee leerders van Hannes Visagie het goed gevaar tydens die Graad Sewe provinsiale Wiskunde Olimpiade.
Marzé Coetzer was met ‘n 10de plek beloon en Annely van den Heever was algeheel 14de.





