Local newsSport
Volkie danser dans haar plek oop na Wêreld Danskompetisie
Liané is gekies om Suid-Afrika tydens die Wêreld Danskompetisie by Disney World te gaan verteenwoordig.
Liané du Plessis, ‘n Graad 10 leerder van Hoër Volkskool Heidelberg, het die afgelope naweek deelgeneem aan die Dance Talent and Model Association se nasionale ronde en met verskeie indrukwekkende Acro-danse beïndruk.
Sy het aan ’n duet deelgeneem wat as die algehele wenner in daardie kategorie aangewys is.
Verder is Liané se solo as een van slegs 90 items uit meer as 1 200 inskrywings gekies om deel te vorm van die Suid-Afrikaanse span wat in 2026 Suid-Afrika by Disney World, in Amerika, gaan verteenwoordig tydens die Wêreld Danskompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



