Local news

Plaaslike danser blink uit by DTMA nasionale danskompetisie

Met vier eerste plekke, ’n tweede plek en die toekenning van haar SA kleure, is Kaylee de Bruyne besig om as ’n ster op die dansverhoog uit te blink.

Kaylee de Bruyne, ‘n Graad Nege-leerder van die Hoërskool John Vorster, het onlangs deelgeneem aan die Dance, Talent and Model Association (DTMA) se Suid-Afrikaanse Nasionale danskompetisie in die Mardi Gras Teater by Carnival City.

Daar het sy meegeding met die room van Suid-Afrikaanse dansers.

Daar was altesaam 1 200 dansitems en Kaylee het ‘n tweede plek vir kontemporêre dans, ‘n eerste plek vir ballet (nasionale wenner), ‘n eerste plek vir akrobatiese dans (nasionale wenner) en ‘n eerste plek vir jazz (nasionale wenner) gekry.

Dié uitslae het gesorg dat Kaylee haar Suid-Afrikaanse kleure ontvang het.

Kaylee de Bruyne wys haar trofees en medaljes.

Op 21 September was Kaylee uitgenooi na die galaprysuitdeling waar sy ‘n trofee ontvang het vir nasionale algehele senior ballet en vir nasionale algehele beste senior akrobatiese dans.

Kaylee is boonop gekies vir die Suid-Afrikaanse A-span wat in 2026 aan die World Dance Disney World USA kompetisie sal deelneem.

Sy het ook gekwalifiseer vir die Galaxy of the Ocean Championships 2026, wat aan boord van die MSC Opera-skip aangebied word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button