Local news

Nigel Tuiste vir Bejaardes hou Somerstraatfees vir minder bevoorregte inwoners

Geniet kosstalletjies, teetuin, koektafel en vermaak vir die hele gesin, terwyl jy help om fondse in te samel vir doeke en medikasie vir die tehuis se inwoners.

Die Nigel Tuiste vir Bejaardes hou op 1 November ‘n Somer Straatfees, wat daarop gemik is om fondse in te samel vir die aankoop van doeke, en sekere medikasie vir die tehuis se minder bevoorregte inwoners.

Daar bestaan ’n groot behoefte om hierdie noodsaaklikhede aan te koop aangesien daar nie meer staatshulp is vir doeke en sekere medikasie nie.

Die Straatfees gaan ’n vrolike geleentheid wees wat deur jonk en oud geniet kan word.

Daar sal vele stalletjies kosstalletjies wees en die Xanadu orkes sal op hul pos wees om besoekers te vermaak.

Besoekers sal kan smul aan onder andere worsbroodjies, kebabrolletjies, pannekoek en kerrie en rys.

Daar sal ook ’n teetuin asook ’n koektafel wees.

Die Straatfees vind plaas by die Tuiste vir Bejaardes op die hoek van Hendrik Verwoerd- en Scarboroughstraat en sal om 09:00 begin.

Vir meer inligting en om stalletjies te bespreek skakel vir Crista Spekking by 079 056 5343 of Theresa Scholtz by 082 321 7067.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button