Local news

Volkskool ruiters skitter in die saal

Die skool se ruiters het verskeie dissiplines oorheers, en selfs op provinsiale én nasionale vlak hul staal gewys.

Hoër Volkskool se perdryspanne het uitstekend gevaar tydens die SANESA Gauteng Kernliga-finaal wat op 2 en 3 Augustus by Kyalami Equestrian Park plaasgevind het.

Na ’n seisoen van kwalifiserende rondtes en uitdunne het verskeie Volkskool-ruiters ’n plek in die Sedibeng-span verwerf, wat teen 106 ander spanne van regoor Gauteng meegeding het.

Die ruiters is Adrienne MacDonald-Hutcheson, Casey-Leigh Smit, Erica Vallentgoed, Hannah du Plessis, Lalie van der Merwe, Leane Pienaar, Leané Vallentgoed en Lenya Price.

Daar is in ’n wye verskeidenheid dissiplines meegeding, waaronder show jumping, dressage, freestyle, prix caprilli, performance riding, working riding, working hunter en equitation.

Verder het die saddleseat-span wat buite die kernliga val, reeds hulle SANESA provinsiale en nasionale kompetisies afgesluit waar die Volkskool Heidelberg die nasionale kompetisie oorheers het.

Hierdie oorwinnings tel in die guns van Volkies op provinsiale sowel as nasionale vlak.

Die ruiters wat Volkskool hier verteenwoordig het, is Anja Kruger, Anne-Rete le Roux, Annemie Marlyn Brandon, Dunay Steenkamp, Heather Uys, Jana Potgieter en Milla Brits.

Kayla Straus het verder aan die SANESA Western Mounted Games deelgeneem, waar sy ook vir die streekspan gekies is.

Die nasionale kompetisie waar die ruiters hul staal gaan wys sal by die Kyalami Equestrian Park plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button