Local news

Wat gebeur in Heidelberg en Nigel

See what is happening in Heidelberg and Nigel

HEIDELBERG

Weekliks:

• Die Plaashuiswinkel in Begemansstraat 40 hou elke Saterdag van 08:00 tot 13:00 ’n rommelmark. Slegs tweedehandse goed word verkoop en geen bespreking is nodig nie. Kontak Melinda van der Merwe by 072 134 1420.

• Heidelberg Meander vind plaas elke eerste Saterdag van die maand van 08:00 tot 14:00 en sluit in Kuns in die Park by die Erfenismuseum, motorhutverkope en markdag by die Plaashuiswinkel, Erfenistourne en die Painted Drums-buiteluggalery. Vir meer inligting, kontak Melinda van der Merwe by 072 134 1420. Om ’n Heidelberg-erfenistour te bespreek, kontak Tony Burisch by 072 460 9663.

• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaakgroepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp-groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.

• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5 km-roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebook-blad.

• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 09:40 ’n Bingo-oggend vir die afgetredenes. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.

• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 14:00 ’n “Bly kalm, ons gaan nou brei en hekel”-middag in die saal. Bring eie wol en penne en kom kuier saam. Almal is welkom.

• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke eerste Vrydag van die maand ’n pannekoekfondsinsamelingsdag. Indien iemand wil help, kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.

• Die Suikerbos Aftreeoord oefen elke Woensdagoggend om 09:00 sang in die saal. Almal wat hou van sing word genooi om te kom saam sing. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.

NIGEL

• 31 Oktober: Die Nigel Community Church bied ’n nagmark en Neon Glow Pretloop aan by die John Vorster-sportgronde. Die nagmark begin om 16:00. Toegang tot die mark is gratis, en vir veilige parkering word R10 gehef. Kaartjies vir die Neon Pretloop is reeds beskikbaar, en troeteldiere is welkom. Vir meer inligting en kaartjies, skakel 066 569 8345 of 061 046 0061.

• 1 November: Die Nigel Tuiste vir Bejaardes hou ’n Somerstraatfees. Die fees vind plaas by die Tuiste vir Bejaardes op die hoek van Hendrik Verwoerd- en Scarboroughstraat en begin om 09:00. Vir meer inligting en om stalletjies te bespreek, skakel Crista Spekking by 079 056 5343 of Theresa Scholtz by 082 321 7067.

• 4 tot 6 Desember: Die NG Kerk Nigel Oos-gemeente hou ’n Kersmark. Marktye is 4 en 5 Desember van 16:00 tot 21:00 en 6 Desember van 08:00 tot 12:00. Kontak Maryke Jonker by 061 507 5071 vir meer inligting.

• The Springs/Nigel WESSA branch and Friends of Marievale Nature Reserve meet every second Saturday of the month at 09:00 at the conference centre at Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333, or email [email protected]

• The Nigel SPCA has expanded its charity shop. They sell a variety of items and invite everyone to browse through all the great goodies and clothing. The shop is located at 1 Spaarwater Road, Nigel. Contact Angela Morris at 084 485 7020 for more information.

Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na [email protected]

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Letitia van Zyl-Schultz

I capture emotions through writing. People easily share their hearts, thoughts and experiences with me. For this reason most of my stories portray the human factor.

Related Articles

Back to top button