Local news

Rensburg VLU doen hul deel vir boomplantdag

Alhoewel Boomplantdag tradisioneel in September gevier word, het Rensburg VLU hul eie bydrae in Oktober gemaak.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) Rensburg-tak het op 20 Oktober hul bydrae tot Boomplantdag gelewer.

Die boom van die jaar is die Wit Melkhout, en alhoewel Boomplantdag tradisioneel in September gevier word, het die VLU-lede onlangs hul moue opgerol om ’n boom by die Suikerbosrand NG Kerk te plant.

Rensburg VLU se voorsitter, Susan Smit, het die voordele van bome bespreek, insluitend die herstel van biodiversiteit, die produksie van suurstof, en die bewaring van grond en water.

Susan Smit, Rensburg VLU se voorsitter praat oor boomplantdag.

“Elkeen in Suid-Afrika word aangemoedig om ’n boom te plant en by te dra tot die instandhouding van biodiversiteit,” het sy gesê.

Die lede het ‘n swart olyfboom op die kerkgronde geplant.

Die olyfboom simboliseer vrede, voorspoed en rykdom, en Susan het die betekenis daarvan ook uitgelig.

Enigiemand wat belangstel om by die tak aan te sluit of meer inligting wil bekom, kan vir Susan Smit by 084 568 2837 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button