Kreatiwiteit in fokus by Heigel Fotoklub se Oktober byeenkoms
Die lede van Heigel Fotoklub het vir hul maandvergadering byeen gekom waar kreatiwiteit, unieke perspektiewe en uitstekende fotografie in die kollig was.
Die lede van Heigel Fotoklub het op 15 Oktober weer saamgekom vir hul maandelikse vergadering.
Die klub se voorsitter, Dawie de Villiers het almal verwelkom en gesê dat om kreatief te wees is eie aan elke persoon en dat dit interessant is om te sien hoe elkeen op verskillende maniere die wêreld om hulle raaksien.
“Die geheim is om altyd ‘n foto geleentheid te gebruik en vas te stel hoe die foto op die beste manier geneem kan word om dit te laat uitstaan,” het hy bygevoeg.

Tydens die Otober vergadering is 44 foto’s ingeskryf. Die voorgeskrewe tema vir die maand was ‘panning’.
Die wenners was:
Voorgeskrewe tema wenner: Op Spoed deur Annetjie Smith.
Beste algemene wenfoto: Waar is die trappe? deur Pieter Harmse.
Beste junior wenfoto: Die Ou Tye deur Anke de Villiers.
Die voorgeskrewe tema vir November is ‘verwoesting, brande, gebreekte geboue’.
Persone wat by die klub wil aansluit of meer inligting verlang kan vir Dawie de Villiers by 084 600 5765 kontak.
Die laaste vergadering van die jaar vind op 12 November plaas.




