Geesdrif en wedywering kenmerk rolbal besigheidsliga
Die 2025 Lente Rolbal-besigheidsliga by die Heidelberg Rolbalklub is in volle swang met 28 spanne wat meeding.
Die 2025 Lente Rolbal Besigheidsliga is in volle swang en bring die beste uit in die 28 spanne wat teen mekaar meeding.
Die liga, nou al ’n gevestigde instelling, vind twee keer per jaar in Maart en Oktober by die Heidelberg Rolbalklub plaas.
Die tweede ronde van die huidige liga is reeds gespeel, en groot geesdrif en wedywering is kenmerkend van die kompetisie.
Na die eerste ronde was Jetour Alberton in die eerste plek met ses punte, gevolg deur 3 Baconeers in die tweede plek en Bendet in die derde plek. Die ander spanne is almal kort op hul hakke.

Na die tweede ronde is Jetour Alberton steeds voor met 12 punte, gevolg deur Howell Properties (12), Bendet Bowlers (10) en 3 Baconeers (10).
Juan Venter van Stage Zero is tans die voorste toucher met agt touchers.
Die finale ronde vind op 31 Oktober plaas, gevolg deur die prysuitdeling.
Daar is ook trofeë op die spel vir die span met die beste gees, asook vir die top toucher.



