Local news

Jordaan Park maak reg vir feestelike parade in Desember

Van feeslik versierde huise tot Kersvader wat voor ry, Jordaan Park se parade beloof pret vir die hele gesin.

Met Kersfees om die draai is daar groot opwinding in Jordaan Park.

Inwoners is besig om hul huise met feestelike liggies en versierings te versier, want op 6 Desember gaan die Jordaan Park Forum hul jaarlikse Kersfeesparade hou.

“Ons wil vanjaar vroegtydig almal bewus maak van die parade, sodat Heidelberg se gemeenskap kan opdaag om die liggies van naderby te aanskou.

“In die verlede was sommige mense nie bewus van die parade nie,” sê Nicolene Neveling van die Jordaan Park Forum.

In 2024 het so wat 85 voertuie aan die parade deelgeneem.

Die parade begin om 19:00 by die hoofhek van Jordaan Park.

Vir diegene wat nie met hul eie voertuig wil ry nie, sal daar ’n Kers-taxi wees wat saamrygeleenthede aanbied, waar mense saam kan ry en selfs saam kan sing tydens die parade.

Enigeen wat aan die parade wil deelneem, word gevra om hul voertuie feestelik te versier vir die geleentheid.

Kersvader sal voor in die parade ry, en by die parkie in Jordaan Park sal inwoners die kans hê om saam met hom foto’s te neem en hul briefies te oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button