Local newsSport
Jong boogskutter wen groot by nasionale byeenkoms
Met haar boog, pyle en perd Tequila het Tahlita Schoeman van Hoërskool John Vorster haar teenstanders in die stof gebyt tydens die MAASA Nasionale Kampioenskappe.
Tahlita Schoeman, ‘n leerder aan die Hoërskool John Vorster, en haar perd Tequila het op 4 en 5 Oktober aan die MAASA (Mounted Archery Association of South Africa) Nasionale Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem.
Sy het uitstekend gevaar en drie eerste plekke verower in die junior boogskiet elite kategorie.
Daarby is sy met die trofee vir beste junior tydens die nasionale byeenkoms bekroon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



