Brakpan wen Heidelberg Rugbyklub se 2025-sewestoernooi
Die Volkskool se rugbyvelde het op 1 November uit hul nate gebars van aksie toe Heidelberg Rugbyklub hul jaarlikse sewes rugbytoernooi aangebied het.
Heidelberg Rugbyklub het op 1 November hul jaarlikse sewesrugbytoernooi aangebied.
Die wedstryde is op Volkskool se velde gespeel, en nagenoeg 20 spanne het aan die dag se aksie deelgeneem. Die deelnemers het bestaan uit beide junior- en senior spanne.
Die wedstryde is so opgedeel dat al die spanne die geleentheid gekry het om hul klas, spoed, fiksheid en uithouvermoë ten toon te stel.
Na die rondomtalie-wedstryde het die kwarteindrondes, halfeindstryde en die eindstryd gevolg.
In die bekerfinaal het Brakpan en Nigel kragte gemeet.
Brakpan het as wenners van die veld gestap ná ’n drie naby die einde. Die eindtelling was 19-14.
Die ander uitslae is as volg:
Derde plek: Springs (plaat wenner)
Vierde plek: Wasps A
Vyfde plek: Wilde Honde
Sesde plek: Panne Wit
Sewende plek: Amra Knights (skild wenner)
Agtste plek: Wasps B
Negende plek: Killer Bees
Tiende plek: Nigel 2
Elfde plek: Barbarians Rooi
Die goeie gees, samehorigheid en volle toewyding waarmee die spanne gespeel het, het regdeur die dag duidelik uitgestaan.
















